Spatz Sperling vereer met gesogte 1659-wyntoekenning
Spatz Sperling, eienaar van Delheim-landgoed buite Stellenbosch, is op 2 Februarie met die gesogte 1659-erepenning vereer vir sy lewenslange bydrae ter bevordering van die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die eerste wyn is op dié dag in 1659 in Suid-Afrika gemaak en hierdie wyntoekenning is so genoem om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te herdenk.
Sperling, wat in 1951 na Suid-Afrika gekom het as vlugteling uit Oos-Pruise, is vereer vir sy lewenslange innoverende denke met veral nuwe bemarkings-inisiatiewe in die wynbedryf. Hy was onder meer een van die stigterslede van die Stellenbosch-wynroete, wat ’n nuutjie vir Suid-Afrika was en wat die begin van wyntoerisme in die land ingelui het. Delheim se bekende kaasborde in die 1970’s was ook die eerste wyn- en koservarings op ’n wynlandgoed in Suid-Afrika. Sperling was ’n stigterslid van die Kaapse Wynlandgoed-produsentevereniging en het ook die eerste wynveiling in die land gehou en die eerste pinotage rosé geproduseer. Asof al hierdie eerstes nie genoeg is nie, het hy ook saam met die wynmaker Kevin Arnold die Kaapse Wynmakersgilde van stapel gestuur.
“Afrika was goed vir my. Ek het as vlugteling met feitlik niks in my sak hier aangekom, maar die wynbedryf het vir my gesorg,” het Sperling in sy aanvaardingstoespraak gesê. Hy het ook hulde aan sy kollegas gebring. ”Mense soos Sydney Back van Backsberg, Frans Malan van Simonsig, Neil Joubert van Spier en Stevie Smit van Koopmanskloof was die ware pioniers, maar nie een van ons kan al die eer eis nie. Ek moet aanvaar ek is nie so ’n goeie boytjie nie. Alles in die wynbedryf is spanwerk en ek wil graag my kollegas bedank vir hul ondersteuning,” het Sperling onder toejuiging van die bykans 200 gaste gesê.
Die toekenning is deur dr. Ernest Messina, voorsitter van die Groot Constantia-direksie, aan Sperling oorhandig tydens die Seën van die Oes-geleentheid op Groot Constantia, wat voortaan weer jaarliks gehou gaan word. Johann Nel, bekende akteur veral in teaterkringe, was die seremoniemeester en het 2 Februarie 1659 in herinnering geroep met die bekende woorde van Jan van Riebeeck toe hy die maak van die eerste Suid-Afrikaanse wyn aangekondig het: “Heeden is Gode loff van de Caepse druyven d’eerste mael wijn geparst . . .” Vorige wenners van die spesiale 1659-toekenning is groot geeste in die wynbedryf, soos die gewese voorsitters van die KWV dr. André du Toit en mnr. Ritzema de la Bat, baanbreker-wynmakers soos Günter Brözel, N.C. Krone en Sydney Back en wingerdbou-kundiges soos prof. Chris Orffer en dr. Jacob Deist. Selfs oudpres. Nelson Mandela is ’n vorige ontvanger van hierdie toekenning.
[via www.wynsa.co.za]
Categories: AWARDS, MILESTONES, NEWS | EVENTS


sending...













BIODIVERSITY AND WINE INITIATIVE
Ingrid Bauer
Hallo,
ich habe am 12.4. bei einer Weinprobe 2 Kisten a 6 FlaschenWein bestellt. 6 Flaschen Rot Merlot und 6 Flaschen Rose. Zugesagt wurde, dass die Lieferung Anfang dieser Woche kommt. Leider bisher nicht geliefert. Vor Ort bezahlt und bereits von meinem Konto abgebucht. Wann kommt der Wein??
Gruß Ingrid Bauer