Ons is nou reg vir die wind!
Friday, October 29th, 2010
Ons het laas jaar ‘n geweldige groot verlies gely aan die hand van die wind wat meeste vrugbare lote in ons Gewurztraminer blokke afgebreek het. Hierdie jaar het ons besluit om ‘n net te span binne-in die lower om hierdie probleem te voorkom. Die idee is om die net aan die kordondraad sowel as aan die boonste lowerdraad vas te maak; sodoende kan die net vanaf die paal gehak word en tot onder die kordon gesak word om normale praktyke te vergemaklik. Ons ervaar gewoonlik ‘n baie sterk suid-ooster aan die einde van Oktober en dus verwag ons ‘n bietjie skade in die wingerd. Met ‘n klein bietjie geluk sal die nette hou en kan die praktyk in die toekoms gebruik word om verdere verliese te vermy.




![429235451_b5a940c235[1]](http://www.delheim.com/blog/wp-content/uploads/2010/10/429235451_b5a940c2351.jpg)














BIODIVERSITY AND WINE INITIATIVE