Lente, besige lente!

by on September 17th, 2010
No CommentsComments

 

Lente is hier en die wingerde is besig om te bot. Tot dusver is die lote nie veel langer as ‘n paar sentimeter nie, maar die eerste blomtrosse is besig om te voorskyn te kom.  Ons het ons eerste spuite al op die wingerde gesit en ons fokus op die stadium van geveg is op donsige skimmel wat geneig is om hierdie tyd van die jaar op ons blare te ontwikkel a.g.v. die warm weer wat ons ervaar wat gepaard gaan met bietjies reën en dou.

Ons is bevoorreg om in die gelukkige posisie te wees om drie nuwe blokke hierdie jaar op Delvera te plant. Dit sluit in twee groot blokke teen Elsenburg se grens wat onderskeidelik Pinotage en Cabernet Sauvignon is; asook ‘n derde blok, wat Pinotage is, wat geleë is reg onder die Varkplaas Pinot Noir by Delvera se ingang. Hierdie blok vervang die ou Varkplaas Pinotage wat in 2007 tot niet gemaak is en gaan dus dieselfde naam dra.

In die volgende paar weke volg voortdurende druk om die plaas netjies te maak en skoon te kry van onkruid. Oor ‘n week moet daar begin word met suierwerk, waartydens alle onnodige lote weggebreek gaan word om die kwaliteit van ons oes te verbeter asook om die algemene gesondheid van die wingerdstok te verhoog.

Ons het ‘n baie droë winter gehad en daar word voorspel dat daar ‘n droë somer gaan volg. Dit is dus belangrik om  goeie aandag te gee aan jou besproeiing-sisteme en te sorg dat alles in goeie werkende toestand is.

So ‘n besige tydjie lê nou vir ons voor!

Andri Hanekom


Categories: DELHEIM

Leave Comment

Commenting Options

Alternatively, you can create an avatar that will appear whenever you leave a comment on a Gravatar-enabled blog.

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.

*